Tuesday 8 January 2019

Nuut: Leesperiodes ...

Verpligte leesperiodes is van vanjaar af deel van elke leerder se rooster by HTS. Dit vervang die biblioteekperiodes van die vorige jare. 'n Leesprogram is aangekoop en die twee RTT-laboratoriums gaan vir hierdie doel gebruik word.

Die doel is om die leesvermoë van die leerders te verbeter en indien hulle wyer as die artikels in die leesprogram lees, hulle algemene kennis ook sal verbeter. 

Ons wens is dat hierdie program van krag tot krag sal groei,