Saturday 26 January 2019

Graad 8: 'n Oriënteringsnaweek propvol pret!

'n Tekkie-naweek vol pret en plesier. Buite-aktiwiteite was volop, maar daar kon gereeld in die water van die glybaan afgekoel word. Onderlinge bande tussen die klasmaats is gesmee, skoolinligting is met hulle gedeel, skoolreëls is aan hulle deurgegee en speel-speel is hulle ingelyf in Tekkie-wees. Vrydagaand het die ouers en die onderwysers saam gebraai, sodat hulle mekaar beter kon leer ken.

Baie welkom, graad 8's en voorspoed vir hierdie jaar.

Fotograaf: André H van Dyk