Tuesday 22 October 2019

Vlytige SAMS-vingers ...

Almal in die onderwys is bewus van SAMS, die uiters noodsaaklike funksie van SAMS en die ongelooflike waarde van SAMS, veral as dit kom by statistiek vir die departement van onderwys ...

Maar soos alles in die lewe het SAMS ook 'n beginpunt en HTS se begin- en eindpunt is gesetel in Nelly Odendaal.

'n "Ontydige" operasie het hierdie feit onderstreep en Spreuke 31 stel dit baie mooi dat so 'n mens se  waarde ver bo korale is. Haar afwesigheid verhoog daagliks haar koraalwaarde. En daarom sê ons dankie! Dankie vir al die kolomme en kolomme punte wat jy elke kwartaal inlees ... dankie vir die netjiese puntelyste wat hulle weg na die vaklêers vind ... dankie vir die rapporte wat altyd betyds is - al loop jy daardie ekstra myl in die nag ... dankie vir alle punte wat jy na elkeen se grille en geite op spesifieke maniere druk ... dankie vir die prysuitdeling wat elke jaar op geoliede wiele loop ... dankie vir sertifikate wat met die druk van 'n knoppie beskikbaar is ... maar veral dankie vir jou vriendelikheid en hulpwaardigheid in die SAMS-kantoor.

Sterkte en mag jy Sy genade ervaar in jou hersteltyd. Dankie vir die voetspore in elkeen se lewe. Jy is koraalkosbaar!