Wednesday 15 April 2020

YouTube, SABC en radio

Die departement van basiese onderwys en die SAUK se gesamentlike ondersteuningsprogram vir leerlinge sal van Donderdag af op drie televisiekanale en 13 radiostasies uitgesaai word. Dié multimediaprogram is bekend gestel om die impak van die staat van inperking opleerlinge te versag.

“Ons nooi leerlinge om die voordele van die hulpbronne te benut en ons glo dit sal hulle tydens die inperking help om by te bly met hul skoolwerk en hulle op die komende eksamen voor te berei,” sê Ian Plaatjes, bedryfshoof van die SAUK.

’n YouTube-kanaal is ook beskikbaar gestel sodat leerlinge die inhoud aanlyn kan kyk.

Die rooster vir die televisieprogramme is as volg:
SABC 1: Maandae tot Sondae van 05:00 tot 06:00;2/3
SABC 2: Maandae tot Vrydae van 09:30 tot 11:00;
en SABC 3: Maandae tot Vrydae van 06:00 tot 07:00.

Die rooster vir die radioprogramme op weekdae is as volg:
RSG: 19:30 tot 20:00;
Radio 2000: 11:30 tot 12:00;
Umhlobo Wenene FM: 14:30 tot 15:00;
Thobela FM: 17:00 tot 18:00;
Phalaphala FM: 13:30 tot 14:00;
Munghana Lonene FM: 14:30 tot 15:00;
Ukhozi FM: 21:00 tot 22:00;
Lesedi FM: 16:15 tot 16:45;
Ligwalagwala FM: 9:10 tot 9:40;
Motsweding FM: 19:00 tot 19:30;
Ikwekwezi FM: 10:30 tot 11:00;
Tru FM: 09:00 tot 11:00;
en X-K FM: 09:30 tot 10:00.

Leerlinge word aangemoedig om ’n lys van hul plaaslike radiostasies se programme te kry.