Friday 5 June 2020

Die gemaskerde man ...

'n Boom word aan sy vrugte geken en 'n fisiese
wetenskap-onderwyser aan sy masker!
'n Baie entoesiastiese mnr. Johan Herbst het besluit om 'n bietjie sigbare wetenskaplike inspirasie aan sy leerders oor te dra. Daarvoor het hy 'n bietjie "atome" by Einstein gaan leen en die periodieke tabel by Dmitri Mendeleev. En saam gaan hulle die Covid-19-matrieks tot hoër hoogtes voer.

Mnr. Herbst het sommer vir sy matrieks ook maskers laat maak, maar dit is slegs bekombaar as jy presteer in die vooraf vasgestelde kwartaal 2-kompetisies. [Matrieks, so 'n wenk van die redaksie se kant af - leer!!! Dié eksklusiewe masker kan deel word van jou skooluniform.]