Monday 1 June 2020

Lengte in Covid-19-vlak 3 is 'n belangrike bate ...

Hester Bothma, HTS se sekretaresse is lankmoedig en vriendelik, glad nie kort van geheue of draad nie ... 

Kortweg, tydens Covid-19 het sy agtergekom dat haar lengte, of gebrek daaraan, haar eintlik kortwiek, aangesien sy aan die ontvangkant van moontlike kieme kan wees as die sosiale afstand nie gehandhaaf word nie.

Dit is hier waar die vindingryke skoolhoof tot haar redding kom en op 'n Saterdagoggend voeg hy sommer 18cm by haar lengte by.

Vir die eerte keer in 20 jaar kan Hester die besoekers in die oë kyk ... Dankie, mnr. Swanepoel vir die welkome "verhoging!"