Thursday 16 December 2021

Verjongingskuur op die Tekkie-werf ...

Fase 1 van die OD-bus
Dis nie net altyd die skoner geslag wat graag vir 'n verjongingskuur wil gaan nie, dit gebeur soms dat 'n verjongingskuur 'n noodsaaklike en enigste uitweg word. En helaas is dit presies wat op die Tekkie-werf gebeur het. Gelukkig het mnr. Van Vuuren dit raakgesien en dadelik skouer aan die wiel gesit.

Die OD-bus se jare het begin wys en tydelike kosmetiese planne sou nie werk nie - dus was dit werkswinkel toe. 2022 gaan 'n huppel in die ry van die bus sit. 'n Mens kan amper sê dat dit op geoliede wiele gaan loop. Die opknappingswerk is in twee gedeel en die eerste fase is agter die rug - die "grimeerkunstenaar" moet nog die bus onder hande neem en die skool se naam op die bus terugverf.  

Die OD-leerders kan gerus maar klim, as die wiel draai, sonder dat iemand anders hulle in die wiele ry.