Friday 13 May 2022

Loopbaandag

Die keuse van 'n loopbaan begin reeds baie vroeg in 'n kind lewe. Onbewustelik soek 'n kleuter na 'n rolmodel en soms word hulle oorvloei met al die indrukke wat hulle op TV sien, by kleuterskole hoor, asook die gesprekke tussen ouer boeties en sussies, en gesprekke tussen ouers en grootmense en so word jou eerste loopbaankeuse gebore, wat nog dikwels en drasties gaan verander.

Bewusmaking van loopbaankeuses is so belangrik en vandag se foto'tjies wat op Tekkie Tonic se tafel beland het, spreek boekdele. 

Die eerste afleiding wat gemaak kan word, is dat die ouer(s) se beroep 'n indruk op Luan gemaak het. Sy pa is sy rolmodel en daarom wil hy graag 'n meneer word.

Die tweede baie belangrike afleiding is dat regte omgee-onderwysers gebore word en reeds vroeg al besef dat dit my loopbaankeuse is. Sterkte met jou skoolloopbaan, Luan, jy gaan nog baie van plan verander, maar 'n mens kom dikwels terug na jou eerste keuse! Hoop jy het jou dag geniet!!