Saturday 14 May 2022

Houding is 'n bepalende faktor


Thabo Tladi, kaptein van die tweede rugbyspan en Oratile Maneng, afrigter van genoemde span is baie positief oor hulle span se vordering.
Op 'n vraag aan hulle kaptein of hulle 'n kans staan teen die ander skole, was sy antwoord dat die vraag verkeerd gevra word.
Eintlik moet daar gevra word of die ander skole 'n kans teen hulle het ... Dit is die tipe houding wat 'n sportman nog ver in die lewe sal bring. 
Uitslae: 
Bothaville Hoërskool 5 - HTS 19
Unitas 0 - HTS 19