Saturday 10 September 2022

Die laaste dag van die kompetisie ...

Een ding van 'n uitgerekte kompetisie is dat die senuwees goed kan knaag. En drie dae is streslank! Dit is amper erger as eksamen ... baie erger ... want jy het niks en niemand waarteen jy jou eindproduk kan meet nie ... jy weet nie wat die ander gedoen het nie en ook nie hoe hulle dit gedoen het nie.

Jy dink oor en oor aan wat jy gedoen het ... verwyt jouself vir die foute wat jy gemaak het en praat jouself moed in dat dit nie so erg was nie.

Oor 'n paar uur is dit die prysuitdeling en daarna 'n heerlike ete! Wie gaan die pryswenner wees?? 

Hierdie manne is die wenners van die eerste rondte wat nou vir Lejweleputswa in Bloemfontein gaan verteenwoordig.

Pas- en masjienwerk (Top 3) - L.Mosia, P. Maruping, K. Sebatane.
Automotive - 1ste plek - U.Kula, 2de plek - O.Merafe, 3de plek - D. Lotter
Sweiswerk - 3de plek - D. Coetzee
Elektronika - 1ste plek - N. Kutyunga, 2de plek - M. Hlangwane
Konstruksie - 2de plek - Mojalefa Lekeka
Power Systems - 3de plek - M.D. Dlamini.


Foto: Fanie Pretorius