Wednesday 14 September 2022

'n Breër blik op die Bloemfontein-kompetisie vanaf Naval Hill (!)

 



'n Uitstappie na Naval Hill het ekstra speserye aan die kompetisie gegee. Vanaf Naval Hill kan 'n mens 'n goeie idee kry oor die grootte van Bloemfontein. So ver as wat die oog strek, is die bydraes wat deur tegnici gelewer is, sigbaar. Leerders aan 'n tegniese skool voeg waarde toe aan hulle keuses en beslis aan hulle toekoms. Hulle weet dat daar eendag vir hulle baie deure sal oopgaan. Hoe beter jou opleiding en jou punte, hoe groter jou keuse. 

Daar is 'n reuse tekort aan vaardige tegnici, nie net in Suid-Afrika nie, maar oor die wêreld. As die tendens voortduur, kan ons ons eie salaristjek aan die einde van die maand uitskryf.

[Dankie, aan Dylan vir die foto's.]