Friday 23 September 2022

Die roos tussen die dorings ...

 
In die skool se voortuin, so half weggesteek, is daar 'n roosboom wat 'n skugter bydrae tot die lente maak ... die enkele pienk knop gaan binnekort die enigste roos tussen die spreekwoordelike dorings wees. Selfs die grasperk is nog in hul wintergewaad en die plante sukkel om aan die wisselvallige buie van die weer gewoond te raak. Geniet intussen die een roos wat 'n verskil aan die tuin maak.