Thursday 3 November 2022

Kies die eienaar die kar of andersom?

Motors is nie net die som van meganiese en elektriese stelsels nie, maar elkeen het sy manier van doen, sy eie persoonlikheid en nukke, en sê op sy beurt weer iets van die eienaar se persoonlikheid of gebrek daaraan ...

Die volgende vraag het onwillekeurig by Tekkie Tonic se lesers opgeduik: "Speel ouderdom 'n rol in die keuse van 'n kar? Ouderdom van die eienaar of die kar? Al is dit net ter wille van 'n foto?"

Ek het ook gehoor van voertuie wat hul eienaars in die steek gelaat het. Of was dit eintlik: eienaars wat hul voertuie in die steek gelaat het? Die redaksie van Tekkie Tonic sal later op hierdie vrae ingaan. Gniet intussen Dylan se foto's en dink oor van die vrae.



Die hoofseun van 2023, Unathi Kula, en mnr. Henk van Vuuren het elk 'n karkeuse gemaak! Kyk gerus goed na die foto's. Foto's sê mos baie meer as 'n 1000 woorde. (Dis belangrik om hierdie twee manne persoonlik te ken, veral as jou kar die nuk het om jou sonder rede in die steek te laat.)

Viva, motorspesialiste!!