Tuesday 1 November 2022

Tekkie Tonic-oorsig

Die e-koerant met 'n verskil. Die jaarlikse groei kan gemeet word aan die hoeveelheid  lesers, besoekers en ook die terugvoering wat altyd welkom is. Nie net word skoolfoto's en gebeure geplaas nie, maar leerders kan ook vakinligting bekom. Aktiewe leerders neem foto's en skryf berigte wat die koerant op hoogte hou van gebeure in en om en ook buite die skool. Hulle is Hendrew Rantsie, Morena Mokoteli en Musa Memela. Van die oud-Tekkies wat nog steeds bydraes op 'n gereelde grondslag lewer is Alex Manise en Shaun Mmutsi. Dankie vir julle positiewe beriggewing die afgelope drie jaar en ook die ywer waarmee julle hierdie taak aanpak en aangepak het.

Dankie aan al die besoekers wat Tekkie Tonic so gereeld besoek, kommentaar lewer en sodoende die span op die punte van hulle tone hou. Die kontak met die oudleerders is waardevol.

Die koerant is reeds 116 328 keer besoek, met 'n hele klomp vriende uit Frankryk, Amerika, Duitsland, Nederland, Brazilië en Portugal. Hierdie koerant word werklik wyd gelees.   

'n Bietjie interessante statistiek is dat die gewildste "artikel" 'n gedig is wat Oswaldo Brooks vir sy pa op Vadersdag, 18 Junie 2017 geskryf het. Hierdie gedig is al 2711 besoek. Daar word verbasend baie by die afdeling oor gedigte ingeloer en die gewildste bladsy is die een wat heerlike foto's oor 'n entrepreneurskompetisie het.

Daar is reeds 3042 artikels op TT en dit wissel van ernstig tot in ligte luim. 

Gaan maak gerus 'n draai by tekkietonichtswelkom.blogspot.com