Monday 26 August 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

"Kosie," sê die juffrou, "as ek R500 vir jou pa leen en hy moet my terugbetaal teen R50 per week, hoeveel sal hy my ná tien weke skuld?"
"R500," sê Kosie.
"Jy ken nie jou tafels nie!" raas die juffrou.
"En juffrou ken nie my pa nie!" 
 ***
Juffrou: "Jannie, kyk hoe fluks is die mier. Hy werk die hele dag sonder om te kla."
Jannie: "En dan trap iemand op hom, Juffrou."
***
Onderwyser: "Gee vir my 'n voorbeeld van toeval."
Sarel: "My ma en pa is op dieselfde dag getroud."