Friday 4 October 2024

Flashback Friday: Reünie gehou


[Vista - Donderdag 28 Februarie 2008]

Die Hoër Tegniese Skool in Welkom vier vanjaar sy 50-jarige bestaan. 

Daar word nou goed gewoel en werskaf om hierdie jaar 'n jaar te maak wat elke oud-Tekkie sal onthou. Die reünienaweek begin reeds môre en duur tot Sondag wanneer die naweek se verrigtinge met 'n sangdiens afgesluit word.

Môre begin die registrasie van reüniegangers om 10:00 met koffie en tee wat in die personeelkamer bedien sal word. Registrasie sal op daardie dag weer van 17:00 voortgesit word. Die amptelike reüniegeleentheid begin om 19:00 in die skoolsaal.

'n Heerlike ete sal voorgesit word waarna tot laat saamgekuier sal word. Verskeie artikels sal deur die aand opgeveil word. 

Saterdag is daar 'n sportdag en rugbywedstryde begin reeds om 09:30 by die Piet Bosch rugbyvelde. Die verskillende jaargroepe reël hul eie gesellighede vir die aand.

Oud-Tekkies word versoek om die skoom met hul besonderhede te bel sodat hulle op die databasis geplaas kan word. Bel me. Hester Bothma by 057 352 3255 vir meer inligting.

[Klik op die koerantberig om duidelik te kan sien.]