Monday, 21 October 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

Onderwyseres: "Hoe oud was jy met jou laaste verjaardag, Thabo?"
Thabo: "Sewe."
Onderwyseres: "Hoe oud sal jy wees op jou volgende verjaardag?"
Thabo: "Nege."
Onderwyseres: "Dis onmoontlik."
Thabo: "Nee, dit is nie, Juffrou. Ek is vandag agt jaar oud." 

ooOOoo
Pa: "Wat gaan jy eendag wees wanneer jy klaar is met skool?"
Clive: "'n Ou man."

ooOOoo
Ma: "Wat het jy vandag in die skool geleer'?"
Clinton: "Hoe om te skryf."
Ma: "Wat het jy geskryf?"
Clinton: "Ek weet nie. Hulle het ons nog nie geleer lees nie."