* 'n Besige klas gee die juffrou nie kans om hulle te leer tel nie. Kosie is besonder aktief.
"Kosie, wat sal jy eendag doen as jy groot is, maar nog net tot tien kan tel?" raas die juffrou.
"'n Boksskeidsregter, Juffrou," sê Kosie.
* "Jarred, vertaal vir my in Engels: 'Ek mors papier.'"
Jarred: "I write exams."
* Pa: "Weet jy, John, toe George Washington so oud soos jy was, het hy eerste in sy klas gestaan."
John: "Ja, maar toe hy so oud soos Pa was, was hy president van Amerika."