Die eerste dag van die tweede kwartaal word die polisie na die laerskool ontbied. Die probleem - vandalisme gedurende die vakansie. Terwyl die ondersoekbeampte besig is, word hy onderbreek deur 'n dogtertjie van omtrent ses jaar oud. Lerato bekyk hom van kop tot tone en vra dan: "Is jy 'n polisieman?"
"Ja," antwoord die man in blou en hou aan om sy verslag te skryf.
"My ma sê dat as ek ooit hulp nodig het, moet ek net die polisie vra. Is dit waar?"
"Ja, dis waar," sê die polisieman.
"Wel," sê Lerato terwyl sy haar voet na die polisieman uitsteek, "sal jy asseblief my veters vasmaak?"
ooOOoo
Ek en my vyfjarige dogtertjie is op pad na haar kleuterskool. Ek druk per ongeluk die toeter. Ann draai na my toe en wag vir 'n verduideliking. Ek sê toe: "Ek het dit per ongeluk gedoen."
Ann se reaksie: "Ek weet dit, Pappa."
"Hoe weet jy dit?" vra ek.
Sy sê: "Want jy het nie na die tyd gesê 'Jou STOMMERIK' nie."