Monday, 6 August 2018
Sunday, 5 August 2018
Viva Tekkies se debatspan!
![]() |
| Shaun Mmutsi, Thato Manaka and Kgosana Moeketsi |
Die junior span (HTS se tweede span) het twee van hulle drie rondes gewen. Die senior span (Tekkies se eerste span) het 'n derde plek in die toernooi losgepraat. Thato Manaka, 'n graad 9-leerder, is deel van die eerste span en hy is aangewys as die derde beste spreker in die senior afdeling van die toernooi. Al die skole in die Goudveld het aan die toernooi deelgeneem wat Saterdag by Hentie Celliers gehou is.
Baie geluk aan die span, maar 'n ekstra geluk en dankie aan hulle afrigter, mnr. Lesala Khetheng.
![]() |
| Mnr. Lesala Khetheng en me. Caryn Peterson het die debat- spanne na die kompetisie vergesel. |
Saturday, 4 August 2018
HTS Bobo Dijane Motseki's Schools Knock Out Cup ...
'n Fantastiese gebaar van Dijane se sokkerspanmaats en sokkerafrigters om hierdie toernooi aan hom op te dra. Dijane het sy passie vir sokker ten spyte van sy siekte en operasies behou. In 2017 het hy sy laaste wedstryd vir die skool se eerste span gespeel.
Hierdie leerder met die besondere liefde vir sokker sal in die harte van hulle wat vir hom omgegee het, voortleef. Sy passie was sokker, Sy naam is nie verniet op een van die ereborde in die voorportaal nie. Viva Dijane!
Skole wat deelneem is: Welkom High, St Dominics, Nanabolela, Lekgarietsi, HTS, Unitas, Leseding en Lephola.
Hierdie leerder met die besondere liefde vir sokker sal in die harte van hulle wat vir hom omgegee het, voortleef. Sy passie was sokker, Sy naam is nie verniet op een van die ereborde in die voorportaal nie. Viva Dijane!
Skole wat deelneem is: Welkom High, St Dominics, Nanabolela, Lekgarietsi, HTS, Unitas, Leseding en Lephola.
Friday, 3 August 2018
Cholesterol-organisasie
Ons leef soos treine in die nag
by mekaar verby!
Ons praat nie.
Ons oefen nie ons verhoudings nie.
Ons wérk net.
Gou kry ons werkplek allerhande on-dinge:
onbegrip, ongelukkigheid, ondoeltreffendheid ...
Cholesterolverstoppings wat sommer gou
organisasie-hartaanvalle veroorsaak!
Here,
leer ons weer die kuns van kommunikasie
sodat ons harte weer vir mekaar kan klop:
Gee ons selfs 'n hartomleiding sodat ons kan
leer om weer te luister,
woorde werklik te hoor
en harte te verstaan.
Maak ons werkplek weer gesond
sodat u genade ryklik deur ons are vloei
en u seën ons lewens versterk.
[Hierdie toepaslike gebed is vandag deur mev. Marguerite Pienaar tydens opening in die personeelkamer gelees - baie dankie.]
by mekaar verby!
Ons praat nie.
Ons oefen nie ons verhoudings nie.
Ons wérk net.
Gou kry ons werkplek allerhande on-dinge:
onbegrip, ongelukkigheid, ondoeltreffendheid ...
Cholesterolverstoppings wat sommer gou
organisasie-hartaanvalle veroorsaak!
Here,
leer ons weer die kuns van kommunikasie
sodat ons harte weer vir mekaar kan klop:
Gee ons selfs 'n hartomleiding sodat ons kan
leer om weer te luister,
woorde werklik te hoor
en harte te verstaan.
Maak ons werkplek weer gesond
sodat u genade ryklik deur ons are vloei
en u seën ons lewens versterk.
[Hierdie toepaslike gebed is vandag deur mev. Marguerite Pienaar tydens opening in die personeelkamer gelees - baie dankie.]
Toekoms belangriker as sports ...
Hierdie twaalf 12C's het na tweede pouse hulle klasse bygewoon, omdat hulle 'n besluit gemaak het!
Sterkte vir julle eksamen, Manne!
Sterkte vir julle eksamen, Manne!
Katleho Soke - 'n leier in eie reg ...
Katleho doen sy mondeling voor sy klasmaats.
Die video is ingestuur deur sy Afrikaanse
Juffrou, mev. Alet Harding! Dankie graad 9's
vir julle deelname en bydraes vir Tekkie Tonic.
Ons sien uit na nog bydraes!
Thursday, 2 August 2018
Viva Afrikaans!
'n Stimulerende omgewing stimuleer die kreatiewe denke. En skielik is skoolwerk nie so sleg nie, veral die Afrikaanse klasse by mev. Alet Harding ...
Wednesday, 1 August 2018
Tuesday, 31 July 2018
C2 : P(lig) + P(lesier) = Goeie P(unte)
Harde werk word beloon. En in mev. Alet Harding se klas, is die beloning baie meer as net goeie punte! Soos 'n "celeb" kry jy jou eie "poster" teen die muur, die bekende "Muur van faam". Almal kan sien wie die harde werkers is. Dan is daar ook nog heerlike pryse uit die snoepie vir die manne wie se punte boekdele spreek! 'n Onbevestigde gerug doen die rondte dat daar 'n groot verrassing in die pyplyn is ... Hou Tekkie Tonic dop vir verdere inligting.
Nog foto's van die hardwerkende leerders gaan deur die loop van die week in die koerant geplaas word.
Droom groot, werk hard en sorg dat jou naam van C2 verskuif na die voorportaal van die skool! Wie van julle graad 9's gaan die Dux-leerder van 2021 wees?
Nog foto's van die hardwerkende leerders gaan deur die loop van die week in die koerant geplaas word. Droom groot, werk hard en sorg dat jou naam van C2 verskuif na die voorportaal van die skool! Wie van julle graad 9's gaan die Dux-leerder van 2021 wees?
Subscribe to:
Posts (Atom)























































