Friday 3 August 2018

Cholesterol-organisasie

Ons leef soos treine in die nag
by mekaar verby!
Ons praat nie.
Ons oefen nie ons verhoudings nie.
Ons wérk net.
Gou kry ons werkplek allerhande on-dinge:
onbegrip, ongelukkigheid, ondoeltreffendheid ...
Cholesterolverstoppings wat sommer gou
organisasie-hartaanvalle veroorsaak!

Here,
leer ons weer die kuns van kommunikasie
sodat ons harte weer vir mekaar kan klop:
Gee ons selfs 'n hartomleiding sodat ons kan
leer om weer te luister,
woorde werklik te hoor
en harte te verstaan.

Maak ons werkplek weer gesond
sodat u genade ryklik deur ons are vloei
en u seën ons lewens versterk.

[Hierdie toepaslike gebed is vandag deur mev. Marguerite Pienaar tydens opening in die personeelkamer gelees - baie dankie.]