Saturday 4 August 2018

HTS Bobo Dijane Motseki's Schools Knock Out Cup ...

'n Fantastiese gebaar van Dijane se sokkerspanmaats en sokkerafrigters om hierdie toernooi aan hom op te dra. Dijane het sy passie vir sokker ten spyte van sy siekte en operasies behou. In 2017 het hy sy laaste wedstryd vir die skool se eerste span gespeel.

Hierdie leerder met die besondere liefde vir sokker sal in die harte van hulle wat vir hom omgegee het, voortleef. Sy passie was sokker, Sy naam is nie verniet op een van die ereborde in die voorportaal nie. Viva Dijane!

Skole wat deelneem is: Welkom High, St Dominics, Nanabolela, Lekgarietsi, HTS, Unitas, Leseding en Lephola.