Sunday 5 August 2018

Viva Tekkies se debatspan!

Shaun Mmutsi, Thato Manaka and Kgosana Moeketsi
HTS se debatspanne kook. Duidelik is hulle nie op die mond geval nie en staan hulle ook nie met 'n mond vol tande as daar van hulle verwag word om hulle sê te sê nie.

Die junior span (HTS se tweede span) het twee van hulle drie rondes gewen. Die senior span (Tekkies se eerste span) het 'n derde plek in die toernooi losgepraat. Thato Manaka, 'n graad 9-leerder, is deel van die eerste span en hy is aangewys as die derde beste spreker in die senior afdeling van die toernooi. Al die skole in die Goudveld het aan die toernooi deelgeneem wat Saterdag by Hentie Celliers gehou is.

Baie geluk aan die span, maar 'n ekstra geluk en dankie aan hulle afrigter, mnr. Lesala Khetheng.
Mnr. Lesala Khetheng en me. Caryn Peterson het die debat-
spanne na die kompetisie vergesel.