Thursday, 13 September 2018

Wednesday, 12 September 2018

Tuesday, 11 September 2018

Monday, 10 September 2018

Congratulations, Pule!

The future belongs to those who believe in the beauty of their dreams!

Be unique...


Sunday, 9 September 2018

MJC-verteenwoordigers vir 2018/2019

Die nuwe junior burgemeester vir 2018/2019 is
Thandeka Monyake van Edmund Rice
Daar ís 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan. Die oue en die nuwe - Tekkies se nuwe gr. 10-verteenwoordiger op die raad is Alex Menese, Kanya Gojo is die uittredende junior burgemeester, terwyl Kgosanna Moeketsi die nuwe onderburgemeester is en Katleho Letsaba is die uittredende munisipale bestuurder. 



Jesus-filmspan

Tiaan: "Ons het Vrydagaand in hierdie bittere koue 'n uitreik in Meloding Virginia gehad. Die spanlede van die Jesus-film wat daar was, was oom Leon, tannie Cathy, oom Lucas, my oupa, pastoor Piet Kraal, ek, tannie Rianet en tannie Bernadette."

Tiaan van der Schyff is 'n graad 10-leerder by HTS en is 'n aktiewe Christen wat nie bang is om sy moue op te rol om te help met die verkondiging van die Woord nie. 

Thank you, Teacher...


Saturday, 8 September 2018

Baie geluk, Tekkies 7's!

Dié vuur en vlam-span wen 4 wedstryde en verloor 4 en kry 'n algehele 4de plek op die toernooi. Dis iets om te vier en daarom gaan ons 'n vieruurtjie op julle drink. Die span is egter aangevuur om volgende jaar soos 'n lopende vuur deur die wedstryde te gaan. Hou hulle dop!

Tekkies se O/17 7's-rugbytoernooi by Warthog Inn, Brits

14 seuns en twee afrigters het Vrydagoggend vroeg met die toerbus die pad na Brits aangedurf. Hulle moet 8 wedstryde in 24 uur speel (sluit slaap, eet en besigtiging by die 24 uur in.) Die laaste wedstryd begin vanmiddag om 17:00 uur. Die span het ook 'n spanbestuurder en 'n bagasiemeester saamgeneem om sake te vergemaklik. Hulle het gister twee wedstryde gespeel - een gewen en een verloor.  Sterkte vir die res van die wedstryde. Ayanda Mqambeni is die kaptein van die span.
Afrigters: Mnre. JD van den Berg, Dawie de Jager,
Foto's: Mnr JD van den Berg 



Vroegoggend, net buite die kamp waar die
Tekkies gebly het.



Friday, 7 September 2018

Tekkie-trots: Tekkie van die maand - die graad 9B's

Mev. Melissa Broodryk voel dat die graad 9B's die benoeming "Tekkie van die maand" uit en uit verdien. Hulle het haar Blou Vrydag van kleur laat verander toe hulle haar klas skoongemaak het en die stukkende deurslot reggemaak het, nadat die graad 9D's haar klas gevandaliseer het. Hulle het dit ongevraagd en met entoesiasme gedoen.

Dankie 9B's - die leiers van môre!     

Thursday, 6 September 2018

Gastronomiese vreugde in die Afrikaanse klas!!










Elke druppel tel!

Tekkies het hierdie week hulle kant gebring en die bloedbank se voorraad aangevul. Dankie aan elkeen wat 'n verskil aan ander se lewens gemaak het. Kyk wie het teen die einde van die dag bloed gesweet!
Mynhardt Greeff, Louise Coutts en Tshediso Mogorosi


Landi Kahts en Cezelle Oberholzer

Hier is twee van die skool se dapper manne,
mnr. Pieter Swanepoel (skoolhoof) en
Francois Basson.

Melissa Broodryk se boodskap aan die personeel ...



JCC inauguration - 6 September 2018


All mistakes are lessons to be learned...


Wednesday, 5 September 2018

Blomme vir sekretaressedag ...

'n Groot Tekkie-dankie vir julle GROOT en onbaatsugtige werk wat julle so in stilte in die kantore verrig. Julle loop die ekstra ekstra myl, sonder dat mense bewus is daarvan. Julle ontlont storms, voordat dit uitsak en deur dit alles, bly julle vriendelik en help julle almal met 'n glimlag. Ons waardeer julle! 

Plan B vir die skool se kombi!

Tans staan die skool se kombi en kort dit dringende aandag! 'n Handige plan B sal nie net die kombi weer padwaardig maak nie, maar ook hope petrol bespaar.   

Success is who you are...


Tuesday, 4 September 2018

Hoe mooi beskryf dit ons lewe ...

  7 klippies 

  Daar's sewe klippies in jou sak
  Deur die Here vir jou ingepak
  Sodat jy ene weg kan gooi
  Vir elke tiende jaar voltooi.

  Eerste klippie, geen probleem
  Die spel sal donkiejare neem,
  Dink ons in ydel kinderwaan
  Die lewe gaan vir ewig aan.

  Op twintig waai die tweede klip,
  Pragtig en rooi van lip,
  Windmakerder kan jy nie kry,
  Wat ek wil, skuld die wêreld my.

  Klippie drie die laat jou dink,
  Vir dertig jaar het jy rinkink,
  Vier sewendes is daar nou oor,
  Om op te maak vir tyd verloor.

  As uit jou hand die vierde val,
  Dan vlek die grys jou slape al,
  En dit wat in die sak oorbly,
  Te min om als gedoen te kry.

  Dan kom jy by vyftig,
  Nou galop die tyd te vlytig,
  En na die bult-op lewenspad,
  Beginne jy die afdraand vat.

  Voorlaaste klippie nommer ses
  Glip uit die sak voor jy sê mes
  Die wat gewerk het vir n baas
  Kry sy persent en groet vir laas.

  O wee, o wee, nou klippie sewe,
  Skriftuurlik  het jy klaar gelewe,
  Daar kom nou veel genade kort
  Vir die wat dalk wil tagtig word.

  Daar is natuurlik taai kalante,
  Jy sien hul soms in die koerante,
  Wat net nie wil die emmer skop
  En eers na honderd om sal dop.

  Of jy nou tot vervelens lewe,
  Of tata sê hier rondom sewe,
  By watter klip jy ookal stop,
  Gaan sal ons, die tyd raak op.

  Ek wens jou dus 'n sak vol klip,
  Genoeg vir daardie honderd trip
  En vreugde tot jou knieë daar op oudag knak.

  Nou ja, ou Maat, daar het jy dit,
  Al wat ons nou kan doen, is bid
  Vir gesondheid, liefde en geluk,
  Met voorspoed vir die oorblystuk!

Great things...


Monday, 3 September 2018

LOVE EACH OTHER WITH OPEN HANDS ...

*  A man was climbing a very steep mountain. As he was ascending a strong wind blow him off and he fell.

*  As he fell there was a little branch that stick out of the rocks and he grabbed onto it.

*  He looked up and said: God help me!

*  A voice came gently to him and asked him: “Do you trust me?”

*  The voice came back and said: “Let go”

*  It is a story to tell us – “Let go”

*  If we really want to improve our relationships we need to “Let go”

*  We need to learn to love others with open hands.

*  We need to learn to let go in love. It is a challenge for every one of us!

*  God loves us with open hands. Do you realize it? He always loves people freely.

*  If we love with open hands and “let go” everything changes.

*  There is a challenge in the gospel and that is to love each other in the same way that Jesus loves us!

*  In our relationships to love others with open hands, to “let go” of others.

*  Sometimes it is someone that do not respond the way you like it to be!

*  Let go so that the other person has the space that they need.

*  We create the space in our lives for the Holy Spirit to do the work.

*  Learn to love people with open hands!!!

It is not your door ...


Sunday, 2 September 2018