Saturday 8 September 2018

Baie geluk, Tekkies 7's!

Dié vuur en vlam-span wen 4 wedstryde en verloor 4 en kry 'n algehele 4de plek op die toernooi. Dis iets om te vier en daarom gaan ons 'n vieruurtjie op julle drink. Die span is egter aangevuur om volgende jaar soos 'n lopende vuur deur die wedstryde te gaan. Hou hulle dop!