14 seuns en twee afrigters het Vrydagoggend vroeg met die toerbus die pad na Brits aangedurf. Hulle moet 8 wedstryde in 24 uur speel (sluit slaap, eet en besigtiging by die 24 uur in.) Die laaste wedstryd begin vanmiddag om 17:00 uur. Die span het ook 'n spanbestuurder en 'n bagasiemeester saamgeneem om sake te vergemaklik. Hulle het gister twee wedstryde gespeel - een gewen en een verloor. Sterkte vir die res van die wedstryde. Ayanda Mqambeni is die kaptein van die span.
Afrigters: Mnre. JD van den Berg, Dawie de Jager,
Foto's: Mnr JD van den Berg
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEg0z0J4OVO3_nAwYIaITrMvfYXRrunIdETVK2nGQQwfCBRvrzDVhqfeAPs_P1bWcMSA_u5XTCpLnex0yGOtGjZZ3dTc8p4F7RsdPexEFSLCU5rP1N-bT3EiPH6nb0Kf5L6_sg6c7W1D7Gk/s400/7%2527s+WhatsApp+Image+2018-09-08+at+06.09.50.jpeg) |
Vroegoggend, net buite die kamp waar die Tekkies gebly het. |