Thursday, 16 August 2018
Wednesday, 15 August 2018
Tuesday, 14 August 2018
Monday, 13 August 2018
Tekkie-trots: Tekkie van die maand
Twee hardwerkende Tekkies het sowaar die middag voor Vrouedag, administratiewe take help voltooi, asook C11 skoongemaak.
'n Wonderlike gesindheid as 'n mens dink dat die skool dié betrokke dag ook nog vroeër as gewoonlik uitgekom het.
SAGE-manne, debatteerders en manne van karakter - Kamohelo Majara en Shaun Mmutsi!
'n Wonderlike gesindheid as 'n mens dink dat die skool dié betrokke dag ook nog vroeër as gewoonlik uitgekom het.
SAGE-manne, debatteerders en manne van karakter - Kamohelo Majara en Shaun Mmutsi!
Sunday, 12 August 2018
Vrystaat Konvensie te Potchefstroom ...
"Partymaal offer jy 'n naweek agter jou boeke op, terwyl jou maats en klasmaats besig is met minder uitputtende aktiwiteite. Sommige maak selfs neerhalende opmerkings as hulle hoor dat jy die naweek met jou boeke as enigste geselskap deurgebring het en dan tydens die olimpiade is die werk voor jou skielik bekend.
En as die vyf van ons by die eksamenlokaal by Gimnasium Hoërskool uitstap, dan voel die vraestel vir my soos 'pap en melk' Ek kon nie wag vir die uitslae om bekend gemaak te word nie. Verlede jaar was vir my 'n groot verrassing, maar hierdie jaar het ek daarvoor gewerk!"
Esenam Best Tsewu, gr. 12B

Sakewêreld-liefde ...
Die lewe wérk
as ons liefhet
en val uitmekaar daarsonder.
Ook in die klipharde sakewêreld wérk liefde,
want liefde is 'n oorwinning oor baie dinge:
mag, gulsigheid, vrees, jaloesie, haat, selfsug ...
Help my daarom om wérklik lief te hê:
my kollegas, dié vir wie ek werk, my ondergeskiktes,
hulle wat teen my werk, my "aartsvyande,"
hulle van wie ek verskil
en ook hulle wat my benadeel.
Laat ek 'n lewe leef wat getuig van u liefde.
Maak my daarom, Here,
ook in die wêreld van wérk.
[Hierdie gebed deel mev. Marguerite Pienaar graag met die Tekkie Tonic-lesers.]

Best, jy is die beste!!
Best, die tweede jaar wat jy die beste in die fisiese wetenskappe-olimpiade doen. Verlede jaar was jy onder die top 50 gr. 11-leerders in Vrystaat en vanjaar is jy deel van die top 50 gr.12-leerders wat na die Konvensie in Potchefstroom genooi is. Tekkie Tonic hou jou punte met belangstelling dop en is geweldig trots op jou!!
Ons plaas jou foto sodra ons fotograaf jou onder skoot kan kry! Viva, die wetenskappe!!
Ons plaas jou foto sodra ons fotograaf jou onder skoot kan kry! Viva, die wetenskappe!!
Saturday, 11 August 2018
'n Ingenieur in wording ...
Heerlik om sulke terugvoer van ons oud-Tekkies te kry. Isaac het matriek in 2013 geskryf.
Sterkte met die laaste skof ...
Sterkte met die laaste skof ...
Friday, 10 August 2018
Sokker: O/15-span - Vrouedag-wenners!!

Tekkies se O/15-sokkerspan het op Vrouedag aan die Coca Cola-toernooi by Unitas deelgeneem. e
Hulle eerste wedstryd was teen Lephola en die Tekkies het met 1-0 gewen.
Daarna het hulle kragte gemeet met Edu College en hulle met 4-1 gewen. Baie geluk aan hierdie begeesterde spannetjie. Ons hou al ons duime vas dat julle volgende week net so goed sal vaar.
Hou julle oog op die bal ...
Manne van die automotive werkswinkel ...
![]() |
| Thamsanqa Tsobo, Kenny Ramorakane, Ambrose Koopman, Quintonio van Wyk en Qekane Mbambo (agter) |
Thursday, 9 August 2018
Geniet Vrouedag!!!
'n Tekkie-dankie aan mev. Riana Crauwcamp vir dié inisiatief en mnr.Dawie de Jager en die seuns wat die blomme en sjokolade gaan uitdeel het. Hierdie gebaar word opreg waardeer. 'n Vrolike Vrouedag aan elkeen!

![]() |
| Dis heeltemal te verstane dat die tegniese manne 'n draai by die motorhandelaar gaan maak het, om die vroue se dag in te kleur. Wonder of hulle Ford-"fans" is? |
Wednesday, 8 August 2018
SAGE-Wêreldbeker: Agter die skerms ...
Dis geen grap om die lokale in te rig en reg te kry vir 26 spanne en daar is net een dag nie. Die spreekwoord lui dat vele hande ligte werk maak, maar selfs die vele hande is vandag te min ...
Foto's: Lesala Khetheng
Foto's: Lesala Khetheng
Tekkies se SAGE-manne ...
![]() |
| Fanie Pretorius - National Chief Operations Officer |
Mnre. Fanie Pretorius en Lesala Khetheng is personeellede, terwyl Afrika Mokhosi 'n oud-Tekkie is en lid van SAGE-alumni is.
Gaan loer hier vir nog inligting!
![]() |
| Lesala Khetheng - Free State Coordinator |
![]() |
| Afrika Mokhosi - Norhern Cape Coordinator |
Tuesday, 7 August 2018
Natuurwetenskap-vasvra

Tekkies se span is 'n span om mee rekening te hou. Hulle het nie net oor hulle laat loop nie.
Hulle het 'n vierde plek behaal in die natuurwetenskap-vasvra. Hulle het 'n skrale vier punte minder as die wenners gehad.
Van links na regs: Katleho Majola, Mthuthezeli Matholengwe, Sicelo Tseletsele, Themba Motibe en me. Lizbe Sauer.
Monday, 6 August 2018
Subscribe to:
Posts (Atom)