Sunday 12 August 2018

Sakewêreld-liefde ...

Die lewe wérk
as ons liefhet
en val uitmekaar daarsonder.

Ook in die klipharde sakewêreld wérk liefde,
want liefde is 'n oorwinning oor baie dinge:
mag, gulsigheid, vrees, jaloesie, haat, selfsug ...

Help my daarom om wérklik lief te hê:
my kollegas, dié vir wie ek werk, my ondergeskiktes,
hulle wat teen my werk, my "aartsvyande,"
hulle van wie ek verskil
en ook hulle wat my benadeel.

Laat ek 'n lewe leef wat getuig van u liefde.
Maak my daarom, Here,
ook in die wêreld van wérk.

[Hierdie gebed deel mev. Marguerite Pienaar graag met die Tekkie Tonic-lesers.]