Thursday 9 August 2018

Geniet Vrouedag!!!

'n Tekkie-dankie aan mev. Riana Crauwcamp vir dié inisiatief en mnr.Dawie de Jager en die seuns wat die blomme en sjokolade gaan uitdeel het. Hierdie gebaar word opreg waardeer. 'n Vrolike Vrouedag aan elkeen!


Ruben Reynecke, Sheldon de Beer en Phillip Vermaak het
saam met mnr. Dawie de Jager die dorp spreekwoordelik rooi
geverf en vroue se harte warmer laat klop, met 'n boodskap
vir Vrouedag en blomme of 'n sjokolade!



Dis heeltemal te verstane dat die tegniese manne 'n draai 
by die motorhandelaar gaan maak het, om die vroue se dag
in te kleur. Wonder of hulle Ford-"fans" is?