Friday 28 September 2018

Ewige Vriend

Jesus, wees vandag my Vriend:
Een wat by my kom sit en luister
sonder dat ek hoef te praat;
Een wat my hart vashou
wanneer ek my hand uitsteek;
Een wat die dinge verklaar
voordat ek dit wil verstaan;
Een wat die seerkry
wat ek nie kan huil nie, afdroog,
en Een wat met my glimlag
oor 'n nuutgevonde Vriendskap.

Wees vandag my ewige Vriend.

[Hierdie treffende gebed van Milanie Vosloo is vandag deur mev. Marguerite Pienaar tydens opening in die personeelkamer met die personeel gedeel - 'n Tekkie Tonic-dankie.]