Sunday 11 November 2018

Onbekende staproete ...

Die voetslaanpad van die lewe
lei dikwels na hoë plekke wat ons uitasem laat,
steiltes wat onoorkombaar lyk
en hindernisse wat uit die weg geruim moet word.

Ander kere lei U ons na dieptes
waar die donker ons harte koud maak.

Maar langs die lewensroete
gee U ook wonderlike uitkykpunte
waar ons uitsig nuwe perspektiewe bring
en uiteindelik
bring U ons by waterstrome wat verkwik.

Waar ook al:
U stuur ons nóóit sonder versterkings,
beskerming en noodvoorraad nie.
Nee, God van goedheid,
U voorsien.

[Hierdie treffende gebed van Milanie Vosloo wat ons herinner dat God altyd die nodige op ons onbekende staproete voorsien, is Vrydag deur mev. Marguerite Pienaar tydens opening in die personeelkamer met die personeel gedeel - 'n Tekkie Tonic-dankie hiervoor.]