Thursday 1 November 2018

Junior Stadsraad - onderburgemeester 2018/2019

Die skool se verteenwoordigers op die Matjhabeng Junior Stadsraad vir die termyn 2017/2018 was Kgosana Moeketsi, Katleho Letsaba en Kanya Gojo. Daar is geen twyfel dat hierdie manne oor werklike leierseienskappe beskik nie. Beide Katleho en Kanya was op die uitvoerende bestuur, met Kanya wat die leisels van die junior stadsraad in sy hande gehou het as uitvoerende junior burgemeester.

Die MJS van 2017/2018 het 'n bedrywige jaar gehad.  Hulle het net na die inhuldiging afgeskop met 'n ken-mekaar- en beplanningsessie, waarna 'n hele aantal suksesvolle projekte gevolg het.
Vir die 2018/2019-termyn is Kgosana Moeketsi die junior onderburgemeester.

Die skool se nuwe junior verteenwoordiger op die junior stadsraad is Alex Manese. Baie sterkte aan elkeen vir 'n baie bedrywige termyn wat voorlê en dankie vir elkeen wat bygedra het tot die suksesse van 2017/2018.