Saturday 10 November 2018

HTS se eie celeb ...

Naweke en vakansie is hy die landvol op verskillende verhoë ... die man met die musiek in sy hart en 'n longkapasiteit wat sy trompet tot hoë note blaas en die skonere geslag se knieë lam maak!

Hy toer van die Drakensberge tot in die Kaap op uitnodiging en Septembermaand was hy weer by Aardklop. Saam met sy "blaasspan" het hulle sommer vinnig lewe in die ATKV se verhoog geblaas!!

Nceba Mgojo is 'n Tekkie in murg en been. Hy was 'n leerder by HTS en tans is hy 'n onderwyser by sy Alma Mater. Nceba, mag jou musiektoekoms blink!!!