Friday 9 November 2018

Stuk-stuk kry die skool 'n nuwe baadjie ...

Verf is 'n wonderlike ding ... Dit gee sprankel aan die mure wat regtig tam en moeg lyk. Die leerders in die Afrikaanse klas sou onmiddellik sê dat dit 'n voorbeeld van personifikasie is.

Wel, hier gee die verwers nuwe lewe aan die pilare in die vierkant van die skool. Hierdie pilare vorm deel van die tradisie van Tekkie-wees. 'n Graad 8-leerder stap die eerste dag van skool onder deur die klok en as 'n matriekleerder se laaste dag aanbreek, dan stap hy onder deur die klok, by die hekke uit. Hy raak die klok op pad uit, terwyl die klok aanhou lui tot die laaste matriek tussen die twee pilare geloop het.

2019 se graad 8's gaan deur die pilare loop wat 'n splinternuwe baadjie aanhet.