Saturday 28 September 2019

o. 17-7's-rugbytoernooi se suksesse ...

Hierdie span het 'n tweede plek gekry.
Die seuns sien elke jaar baie uit na die uitstappie by Warthog Inn, Jaru-sportakademie 7's. Dit is geleë net buite Brits in die Noordwes-provinsie. 

HTS het vanjaar 4 spelers wat gekies is om aan die 7's in Dubai deel te neem. Hulle is Neo Lesoetsa, Oratile Maneng, Bonga Speelmam en Kamohelo Nthoba. Baie geluk aan hierdie manne. Indien daar enige een is wat 'n geldjie in hierdie manne se rugbytoekoms wil belê, kontak gerus die skool vir verdere inligting.

Foto's: Mnr. JD van den Berg. 


Die groep wat gekies is om aan die Dubai 7's
deel te neem. Van HTS is dit Neo Lesoetsa,
Oratile Maneng, Bonga Speelmam en Kamohelo
Nthoba