Monday 23 September 2019

Wat is leierskap?

Jou drome vir jou toekoms bepaal die wyse waarop jy as leier gaan funksioneer. Droom groot, sodat dit 'n impak kan hê op die mense rondom jou.  

Leierskap is om onder andere 'n inspirerende visie te hê, sowel as die vermoë om 'n passie en bereidwilligheid in mense aan te wakker en 'n bereidwilligheid om te streef na daardie visie. 

'n Leier het 'n droom en inspireer mense om te glo en te werk om daardie droom te bereik. 'n Leier voer ‘n saak enduit en voorsien en berei die regte omgewing voor vir mense om goed te presteer. 

Maak 'n verskil aan die leerders by HTS Welkom en help hulle om drome vir 2020 te hê.