Friday 21 October 2022

Provinsiale wenners: Skryfkompetisie

 
Die Afrikaanse groep het vanjaar aan die eerste provinsiale taalkompetisie (afdeling - skryf van opstelle) deelgeneem. Die Tekkie-deelnemers was almal uit graad 11 en die top drie in die Afrikaanse afdeling, is al drie van HTS Welkom. Dit laat die Afrikaanse beker van die skool oorloop. Baie geluk aan Lesedi Mphatsoe, Mario Zaca en Mopedi Hlongwane.

Me. Veronique Alexander en Lesedi Mphatsoe (as wenner) het 'n uitnodiging ontvang na die prysuitdeling in Bloemfontein wat die 26ste Oktober gehou gaan word.