Monday, 17 January 2022
99 000 readers!!
Maandag-motivering
Mentor Club: Why I Needed a Mentor!
We ALL need an accountability partner, mentor or someone to
keep us from getting distracted from all the bright and shiny objects or to
just be there when we are in over our heads.
At the time, I still thought “I can do this on my own” but I
scheduled a free call with a mentor anyway and that 30-minute call was a game
changer. During that call I finally asked for help. I am here to
say is it OK to ask for help. There are others who have already made
mistakes and recovered to tell their story.
Before starting with a Mentor I never had someone to bounce
ideas off of, make me think more thoroughly about a problem, and simply call me
out on my crap.
Yes, it has been a lot of work. Most things that are
worth it in the end are a lot of work. Without a Mentor, we would not be
where we are today.
It’s okay to ask for help. It’s okay to make mistakes-
I’ve made more than my fair share. A mentor is there to give you a new
perspective and help you get to your perfect day.
Keep up the good work, Tekkies.
Butch Santucci
Sunday, 16 January 2022
Wednesday, 12 January 2022
Welcome back
We are so excited for this new school year and look forward to celebrating successes and sharing stories of all the amazing ways that together we can show that Tekkies is for ALL learners.
Monday, 10 January 2022
Sterkte vir jou nuwe skooljaar
OMGEE kan op verskeie maniere gewys word, maar ons begin met ses maklik haalbare aksies:
* Groet jou mede-Tekkies en glimlag vir hulle wat jy teëkom om te wys dat jy OMGEE!
* Help 'n onderwyser wat swaar dra aan boeke, bokse en lêers.
* Help die terreinwerkers deur jou papiere in die asdrom te gooi.
* Gesels met 'n nuweling of gaan sit by iemand wat eenkant staan.
* Deel jou broodjie of ander kos,
* Leen vir 'n klasmaat 'n pen, potlood of selfs van jou Pritt!
2022 se nuwejaarsvoorneme: Wees 'n waardevolle Tekkie
Sunday, 9 January 2022
Wednesday, 5 January 2022
To all the Tekkie teachers and the learners
Monday, 3 January 2022
Sunday, 2 January 2022
Saturday, 1 January 2022
Happy New Year
Dear Tekkies, may the coming year bring along new hopes and new opportunities ... May you learn from your past mistakes and accomplish your targets for future with your strength and dedication ... No lesson is difficult once you start reading it, no goal is difficult to accomplish once you start working hard for it ... All you need to do is take the first step ... May in this year, you take all the first steps you missed on in the last year ... Wish you a Happy New Year.
Friday, 31 December 2021
Education is important: Part 12
- Think
- Analyse
- Explore new ideas
- Ask questions
- Be creative
You’ll also be expanding your skills and knowledge, grasping abstract theories and concepts, expressing your thoughts clearly in writing and speech, and increasing your understanding of your community and the world.
The 21st century economy is different than 20 to 40 years ago. Today, the existing market is made up of more architects, artists, designers, healthcare workers, information technology experts, video game developers, and so forth.
You have the chance to adapt to this new era and succeed in it with a higher education that incorporates these fields into its curriculum. When you combine this knowledge with actual hands-on experience, you’ll be able to thrive in this economy.
Thursday, 30 December 2021
Memorial service of Lerato Ndimane
Details of the memorial service of Lerato Ndimane:
Ebenheizer Church.T.K Mopeli Street, Thabongat 14h00 on Thursday
Wednesday, 29 December 2021
Saturday, 25 December 2021
Covid-19 die kommandowurm van kerkbasaars
Dutoitspan-gemeente se basare is so oud soos Metusalem. Die eerste basaar is op 9 September 1871 gehou. Toegangskaartjies is by die deure verkoop en 'n bekende koperblaasorkes van daardie jare het heerlike musiek gemaak, van walse tot by die marsmusiek van Vincenzo Bellini. Op die keper beskou is dit mos die regte musiek om geld uit die sakke van die besoekers tot binne in die kerkkoffers te kry. Die musiekprogram is selfs in die koerant gepubliseer met die belofte dat artikels teen billike pryse te koop sal wees.
So het die nederige basaar sy eie geskiedenis begin en jaar na jaar dieper spore in die gemeente getrap. Elke jaar is daar iets nuuts probeer, want 'n basaar met karakter laat hom nie voorskryf nie! Tot Covid-19 Suid-Afrika getref het ... óf liewer die wêreld getref het. Skielik het kerkbasare van die kalender verdwyn en die broodnodige inkomste daarmee saam. Amper soos die bekende kommandowurms wat die oes opvreet, het die virus sy kake in kerkbasare, kermisse en enige vorm van samekomste geslaan.
Daar is in 2021 op deeltjiebasare of stukkiebasare besluit ... twee tafels verkoop hulle goed op 'n Saterdag, sommer so deur die motorvenster ... jou bestelling vir pannekoeke, worsrolletjies en bakkies poeding moet voor die tyd geplaas word en dan moet jy ook die regte hoeveelheid geld by jou hê. Skielik het die bekende persoonlike basaar verander na 'n onpersoonlike padkafeestyl ... tipies Amerikaans ...
Die vooraf saamwerk, spanbou en vrolike samesyn wat noodsaaklik is vir die opbou na die hoogtepunt, is op die agtergrond geskuif en al saniterend met ons maskers op, glimlag ons vir hulle in die motors wat die polistireenbakkies met die onpersoonlike inhoud wantrouig aanvat.
Is die koeël deur die kerk en het ons die die laaste gelui vir die kerkbasaar gehoor??
Merry Christmas
that Jesus was born to give us life
and that his light will shine.
Happy new Year, may God protect you
and help you to achieve your goals
this coming year
of grace and blessing.
Friday, 24 December 2021
Merry Christmas ...
Wednesday, 22 December 2021
Tuesday, 21 December 2021
Short Story Day
Monday, 20 December 2021
Saturday, 18 December 2021
15 Desember - die laaste dag vir die onderwysers en die boom ...
Na die einde van 'n besondere lang jaar (of so het dit meer as een dag gevoel), het die skool op 15 Desember vir die onderwysers gesluit. En dit is asof die natuur net 'n streep wou trek en die finale sê wou sê ... tydens 'n storm daardie aand, is die skoolpad toegemaak.
'n Mens kan ook 'n bietjie dieper na die saak kyk en tot die gevolgtrekking kom dat hoë bome die meeste wind vang. 'n Goeie afleiding is dat 'n seder nie net in Waterkloof geval het, volgens PG du Plessis nie, maar dat daar ook nou 'n seder in Welkom geval het. En helaas, hoe groter die boom, hoe swaarder die val. 2021 se einde het boomgewys dalk 'n belangrike feit onderstreep en dit is dat terwyl die onderwysers besig is om jong boompies te buig, daar ook na jong boompies in die tuin gekyk sal moet word.Kerstyd is 'n tyd van welwillendheid
Kerstyd is 'n tyd van omgee vir mekaar. Die tyd van die jaar wanneer mense na mekaar uitreik, hande vat en mekaar ondersteun. Hier by HTS Welkom reik ons die hele jaar na mense, instansies en plekke uit - uit dankbaarheid dat ons soveel het om met ander te deel. Sekere tye, soos Kersfees, vra egter dat 'n mens die goeie boodskap met ander moet deel.
Net so voor die skool gesluit het, het mev. Karin Herbst met die spoed van liefde, skenkings gekry en dit verpak in kersfeesgeskenke vir hulle wat dit die nodigste het.
House of Grace en 'n buurkinderhuis se Kersfees 2021 gaan nie net tot een dag beperk wees nie. Ons Tekkie-wense is dat die inwoners daar ook daagliks die liefde van 'n Hemelse Vader sal ervaar en uitdra.
Dankie aan mev. Valerie Kilian wat die skenking namens die huise in ontvangs geneem het. Ons waardeer dit dat selfs kort kennisgewing nie 'n probleem was nie.
Seën vir 'n heel-jaar-kersfeesgesindheid in elkeen se hart!
Friday, 17 December 2021
Katte het 7 lewens en opgepaste speelgoed ....
| Valerie Kilian en Karin Herbst by speelgoed met 'n verlengde lewe!! |
Speelgoed is deesdae nie meer sommer op die lysie van ouers nie. Weens die huidige ekonomiese klimaat en ook die omstandighede by huise, noop dit baie ouers om net aandag te gee aan die uiters noodsaaklike items.
Speelgoed speel egter 'n besliste rol in 'n kind se lewe, buiten die ooglopende vreugde wat dit verskaf.
Speelgoed leer kinders om te sosialiseer, maar ook om dit te deel met ander maatjies.
Hulle verbeelding word gestimuleer en hulle leer kreatief omgaan met die speelding.
Kinders leer om die werklikheid na te boots.
Hulle leer om al hul sintuie in te span wanneer hulle speel.
Speelgoed is universeel en kinders oor die wêreld heen weet hoe om met 'n betrokke speelding te speel. Wat egter vir kinders geleer moet word, is hoe om speelgoed op te pas. En dit is juis hierdie gedrag wat speelgoed se lewe verleng.
Kyk dus met nuwe oë na ou speelgoed en dink baie mooi voordat 'n teddie of karretjies se lewe kortgeknip word deur hulle asdrom toe te verban.
Talentvolle, Tekkies
Geniet dit en die redaksie hou jou talent met valkoë dop.
Thursday, 16 December 2021
Verjongingskuur op die Tekkie-werf ...
| Fase 1 van die OD-bus |
Die OD-bus se jare het begin wys en tydelike kosmetiese planne sou nie werk nie - dus was dit werkswinkel toe. 2022 gaan 'n huppel in die ry van die bus sit. 'n Mens kan amper sê dat dit op geoliede wiele gaan loop. Die opknappingswerk is in twee gedeel en die eerste fase is agter die rug - die "grimeerkunstenaar" moet nog die bus onder hande neem en die skool se naam op die bus terugverf.
Die OD-leerders kan gerus maar klim, as die wiel draai, sonder dat iemand anders hulle in die wiele ry.



