Sunday 3 September 2017

Junior burgemeester vir 2017/2018

Daar is 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan en so is dit ook die geval met die MJC-lede.

Pule Mmula (lid van die uitvoerende komitee) en Tsepiso Matlolane is twee graad 12-lede wat na 'n jaar van werksaamhede, groet. Die nuwe lede wat hulle kant gedurende die 2017/2018-termyn moet bring, is Kgosana Moeketsi, die nuwe junior verteenwoordiger, Katleho Letsaba ("floating member") en Kanya Gojo, die junior burgemeester vir 2017/2018.  

Die amptelike fotograaf van HTS is op sy knieë voor die nuwe burgemeester - nogal 'n gepaste posisie of wat praat die koerant alles ...