Friday 11 May 2018

Betekenisvolle lewe...

Mev. Marguerite Pienaar het vanoggend die volgende treffende gebed aan die personeel voorgelees:

God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. (Kolessense 3:15)

Hemelse Vader, ons is op aarde
sodat ons ons unieke gawes
met mekaar kan deel.

Dankie dat ons nie een-een
ons pad hoef te loop nie,
maar dat ons daar is vir mekaar
sodat ons saam-saam méér kan wees,
gelukkig kan wees ... héél kan wees ...

Maak my onselfsugtig
sodat ek sal opoffer, gee
... omgee!

Gebruik ons gawes, talente
en unieke menswees,
sodat ons 'n seën kan wees
vir U en vir ander!

Maak my 'n nuttige mens!