Saturday 19 May 2018

Eerste rugbyspan: Braai

Fotograaf : Dawie de Jager

'n Heerlike Vrydagmiddag-bymekaarkom! Die hoofborg, Minolta,
het besluit om die manne en hulle afrigters te trakteer met 'n braai
binne-in 'n swembad. En omdat hierdie swembad in die hartjie
van die droë Vrystaat is, is dit moontlik...
Hierdie samesyn het die spangees onder die manne verhoog
en die gevoel van ons-moet-ons-kant-bring, onderstreep.
Die middag is op 'n hoë proteïen-noot afgesluit!
'n Groot Tekkie-dankie aan mnre. Frans en Griffin Wessels
wat hierdie middag moontlik gemaak het.