Friday 25 May 2018

Wat maak ek hier ...?

Dit was mev. Marguerite Pienaar se beurt om vanoggend te open en sy het die volgende treffende gebed aan die personeel voorgelees:

God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op aarde is: ... Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
(Kolossense1:16)

U het my nie vir myself gemaak nie.
(Al dink ek soms so!)
U het my ook nie toevallig gemaak nie.
(Al voel dit soms so!)
U het my nie doelloos gemaak nie.
(Al dobber ek soms!)

Grote Skepper,
U het my uniek en spesiaal gemaak
omdat U vir my 'n spesifieke rol
hier op aarde het;
omdat U my wil gebruik
en omdat ek hier is
om U te verheerlik.

Dankie vir die heilige wete
dat ek so spesiaal is!

Help my om u doel met my te vind,
en lei my veral
om dit te lééf!