Sunday 13 May 2018

Mnr. Nceba Mgojo, 'n gewilde musikant...

Ons eie mnr. Nceba Mgojo is gebruik om die Universiteit van Noordwes se talentfees te adverteer. Groot pryk sy gesig op die baniere.

Pukke maak op 'n gereelde basis naweke van sy dienste gebruik. Hy word ingespan tydens die Universiteit se opedae en ook op hulle satelietkampusse se opedae!

Mnr. Mgojo, jy sal vir jou 'n agent moet kry om jou besige dagboek te hanteer! Kom klop by Tekkie Tonic aan - ons kan ook van hulp wees! Ons is baie trots op jou en hou jou loopbaan met 'n valkoog dop!