Saturday 25 August 2018

Tekkie Tonic se fotograaf is uitgevat en opgetof ...

HTS se matriekafskeid ... 'n aand wat van elegansie en styl gespreek het, het op 24 Augustus 2018 plaasgevind. Die saal het soos 'n sprokie gelyk en die aand was vol glans, swier en prag. Die meisies het geskitter in hul aandrokke en die manne was deftig en stylvol uitgevat.

Dit was verseker 'n aand wat elke matriekleerder vir baie lank nog sal onthou en koester!

Tekkie Tonic se fotograaf van die afgelope twee jaar, het sy matriekafskeid terdeë geniet. Aan sy sy was Bokamoso Pitseng, wat luister aan sy aand verleen het.

Katleho Letsaba en Bokamoso Pitseng 

Die paartjie arriveer in styl by die afskeid, met mnr. Kubjana
aan stuur van sake.

Fotograaf en stilis:  Lebakeng Matlotlo en Neo Damazane