Monday 1 July 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

James kom na skool by die huis aan en sê vir sy ma: "Wow! Vandag was ongelooflik great! Die skoolhoof sal seker netnou bel en met ma-hulle kom praat."

***

Onderwyser: "Verduidelik wat beteken die bywoord, toevallig."
Leerder: "Snaaks, ek wou dit nou net vir Juffrou gevra het."

***

Onderwyser: "Verduidelik vir die klas wat is 'n sinoniem."
Leerder: "Dis 'n woord wat 'n mens gebruik as jy nie die ander woord kan spel nie."