Monday 9 September 2024

LOL: Blou Maandag-humor ... Toe en nou

Scenario: Piet en Jan raak betrokke in 'n fight by die skool

TOE: 'n Groot groep seuns vorm rondom die twee, hulle slaan die wit waks uit mekaar uit, skud hande en die volgende dag is hulle dik pels.

NOU: Polisie word ontbied en arressteer vir Jan en Piet. Alle selfone met video's van die fight word gekonfiskeer as bewysstukke. Albei word aangekla vir aanranding. Altwee word geskors al het Piet die fight begin. Die ouers word ingeroep vir konsultasie en die ander kindes wat die fight gesien het, kry traumaberading. Die video van die fight is beskikbaar op YouTube.

Scenario: Piet onstig die klas want hy wil nie stilsit en stilbly nie

TOE: Piet se agterkant word vuurwarm geslaan. Hy sit nog steeds nie stil nie, want sy agterkant brand te veel, maar hy hou darem sy mond en maak matriek klaar en word 'n suksesvolle besigheidsman.

NOU: Piet word op Ritalin gesit, want hy het een of ander hiperaktiewe neiging. Hy verander in 'n zombie. Word getoets vir ADD (Attention Deficit Disorder). Die juffrou sukkel haar dood om tot Piet deur te dring. Piet kan nie bybly nie en verlaat skool na graad 8.

Scenario: Jan gooi 'n klip en breek 'n ruit van die buurman se huis.

TOE: Jan word goed gelooi. Hy moet vir 'n week lank in die buurman se tuin werk.

NOU: Jan word gelooi. Sy pa word gearresteer vir kindermishandeling. Jan word in pleegsorg geplaas. Die sielkundige oortuig Jan se suster dat haar pa haar seksueel aangerand het en hul pa gaan tronk toe. Jan se ma en pa skei want sy het 'n verhouding met die sielkundige.

Scenario: Piet druip Engels op Hoërskool.

TOE: Piet se agterkant brand. Hy moet Engels ekstra klasse neem. Hy slaag Engels goed in matriek en gaan universiteit toe.

NOU: Die onderwyser kry die skuld. Piet is getraumatiseer. Sy saak word opgevat deur 'n plaaslike menseregtegroep wat bepaal dat dit rassisties is om Engels 'n vereiste vak te maak. Dit raak 'n politieke storie en 'n saak word aanhangig gemaak teen die skool en die onderwysdepartement. Engels word van die curriculum afgehaal. Piet slaag matriek goed, maar sny gras vir 'n lewe, want hy kan nie Engels praat nie.

[Nog moontlikhede HIER. Dankie, Wayne vir die aanstuur van hierdie gedagtes.]