Sunday 27 September 2015

Die koortoer vanuit 'n ander hoek!!

Graag gee ek my indrukke van die Durban-toer en die koor oor die algemeen. Die foto's op die skool se e-koerant en op ons selfone, is 'n bewys van harde werk en vrugte wat gepluk is.

Die koorseuns is een groot familie en musiek is die samebindende faktor. Die koorseuns is goeie vriende en hulle help mekaar spontaan waar die nood druk.

Mev. Anderson is tops!! As dit nie vir al haar harde werk en opofferings was nie, sou ons nooit so goed gevaar het nie.

Die toer Durban toe, het ons baie dinge geleer, veral hoe ons met geldinsamelingspogings hierdie ideaal kon verwesenlik. Ons ouers is ook baie ondersteunend. En ons sê graag dankie vir mnr. Andries Becker wat die bus bestuur het en ons veilig by ons bestemmings aangebring het.

Om saam met die massakoor in die teater in Welkom te kon gesing het, was 'n belewenis, maar om saam met die Durbanse Mannekoor te sing, was 'n ervaring wat ons nooit in ons lewe sal vergeet nie... dit was ongelooflik lekker!!!

Ons as koor, sien uit na meer en groter en beter prestasies. Saam met mev. Anderson sien ons vir baie kans en sal ons ook so bekend wil word soos die Durbanse Mannekoor...

(Marco Fouché graad 9A)