Thursday 24 March 2016

Eet jy hoender?



GFC by Reitz slag 155 000 hoenders per dag.

Die grootste hoender-abattoir nòg in die Vrystaat, Grain Field Chickens (GFC) by Reitz.

‘n Filiaal van VKB, slag tans sowat 155 000 hoenders per dag. Weekliks lewer hulle in totaal sowat 782 000 slaghoenders aan die mark landswyd. 

Ongeveer 126 hoenderprodusente lewer die hoenders aan GFC vir slagting, verwerking en bemarking. ‘n Projek waar hoenderhuise braaihoenders grootmaak, word deur die VKB gefinasieer. Dit word ondersteun deur die Dept. van Arbeid, die IDC en die Werkloosheidsversekeringsfonds. 

Die abattoir verskaf werk aan sowat 1 400 mense, waarvan die meeste vroue is. Die belangrikste bestanddele van braaikuikenvoer is soja-oliekoek (18%) en mielies (60%). 

Die VKB Veevoerfabriek in Vrede en die Free State Oil oliepers in Villiers verseker dat streng gehaltebeheer by GFC toegepas word. 

Die gemiddelde weeklikse verbruikersvraag na hoenders in Suid-Afrika is 22 miljoen braaikuikens.

(Inligting:Vrystaat Sake Bulletin )