Saturday 19 March 2016

Kaapstad fietsrytoer!!

Mnr Henk van Vuuren en sy vrou in die middel agter by die
wegspringpunt!!
Jaar na jaar is mnr. Henk van Vuuren en sy vrou, Christa, deel van die self- opgelegde vreugde- pyne!! En jaarliks oefen hulle getrou vir die Kaapstad fietstoer. Vanjaar is die 15de keer dat hulle aan hierdie gesogte fietstoer deelneem. Hulle ken die ratte van daardie tandem en menige dag trap hulle stof uit Welkom se strate soos hulle voorberei.

Vanjaar is die 39ste Kaapstad fietstoer en daar was nagenoeg 35 000 deelnemers - onder wie 4 500 uit die buiteland was.

Die deelnemers is 06:00 in die Hertzog-boulevard deur Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, afgesit.

Almal wat daar was, praat oor die heerlike weer en dat die temperature dit vanjaar 'n bietjie draagliker gemaak het. Buiten die wenner, was die grootste glimlag seker op die gesigte van die paartjie wat besluit het om by die wenstreep verloof te raak.

Volgens mnr. Henk van Vuuren is die atmosfeer en die gesindheid wat onder die mense heers, die groot rede agter die terugkeerfaktor.