Monday 17 December 2018

C11 se vensterprojek!

Drie bekwame manne het gou C11 se vensters 'n nuwe voorkoms gegee. Katleho Soke het die vensters gewas en synde op die boonste verdieping te wees, was dit geen maklike taak so tussen die diefwering deur nie.

Rethabile Majoe het die heel boonste ruite geverf met swart bordverf, sodat die lig nie so helder is wanneer die dataprojektor in gebruik is nie - op hierdie stadium nog net 'n belofte.

Kgosana Moeketsi het sy kreatiewe kant afgestof en solank inspirerende boodskappe op die vensters begin skryf.  Al drie hierdie leerders het gedurende die vakansie kom werk. Dit maak van hulle Tekkie-sterre!